Algemene Nuus en Gebeure

Verskil Nuusbrief

10 Februarie 2012

  • Gespreksforum: Menswaardigheid
  • Dagseminaar:  Watter Bybel is die normatiewe “Woord van God”?
  • Ontdek julle missionale/gestuurde roeping!
  • Aandag alle oud-kinderhuiskinders en ondersteuners : Abraham Kriel Kinderhuis, Nylstroom
  • Retreats onder leiding van Willem Nicol
  • Ervaringsleerkursus in abseiling en lae toubane
  • Rietfontein-Noord:  Damesoggend
  • Opleidingsgeleentheid: Sterwensbegeleiding aan die kankerpasiënt

17 Februarie 2012

  • Sewe Lydensweke begin op 19 Februarie...
  • ’n Krisis in Limpopo
  • Bybel-Media
  • NGK se Kerk eNuus tot jou diens!
  • Moot Care Sentrum
  • Leraars sonder Bybels - Madagaskar vra hulp!
  • Monumentpark wil graag vennootskappe sluit met ander gemeentes ten opsigte van fondsinsameling
  • Rietfontein-Noord: Damesoggend – 25 Februarie 2012 om 09:00
  • Mootvallei: Opleidingsgeleentheid!! Almal welkom - 26 Februarie 2012
  • Die Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes van SA : Ontdek julle missionale/gestuurde roeping!
  • Predikante Wegbreek 2012 : 5-7 Maart 2012 - 1ste geleentheid!
  • Sentrum vir Kontekstuele Bediening (Teologie UP)
  • Scriptorium - Bible Focus Centre: Watter Bybel is die normatiewe “Woord van God”?
  • Gespreksforum: Menswaardigheid
  • Wil jy opgelei word as abseil- en lae toubaaninstrukteur?
  • Retreats onder leiding van Willem Nicol
  • Vakatures

Nuusflits

Afkondigings 19 Feb 2012

19 Feb 2012

Ramshoring Feb 2012

Feb 2012

NUUS

  • Aswoensdag NAGMAAL 22 Februarie om 19:00: Die nagmaalsgeleentheid gaan kort wees ons vra dat ouers asseblief hulle kinders sal saambring.
  • GEMEENTERAAD se eerste vergadering van die jaar is op SONDAG 26 FEBRUARIE 2012 OM 11:00
  • Waterkloof-Wêreldbiddag vir Vroue: 25 Februarie 2012 om 10:00
  • Red-‘n-kind gholfdag – Dinsdag 27 Maart 2012 te Waterkloof Gholfbaan.
  • Ds. Johan Bloemhof: Sendeling in Parys: Frankryk: Dinsdag 6 Maart 2012

Nuwe artikels

  • Besluite van Algemene Sinode 2011
  • Sinode 2011: Besluite oor die doop, bediening van bevryding, huwelik en saamwoon
  • Oor tiendes Kinders en Nagmaal Kerhereniging en die Belydenis van Belhar

Kategese Vrae

Senior Kategese

Elke week se vrae vir die seniors

“Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” – Joh. 20:21

Druk

NGKMP Afkondigings

NG Gemeente Monumentpark

Hartlik welkom aan ons lidmate, nuwe intrekkers en besoekers!

Sondag 19 Februarie 2012

Die Kerkraad bring graag die volgende onder u aandag

Vandag se erediens

08:30 – Prediker dr. Gustav Claassen en die tema van
            sy boodskap is: “Vergeet God ons?” na aanleiding
            van Jesaja 49:14.

09:30 – Ds. Wynand van Niekerk neem hierdie diens
            waar. Die skriflesing is uit Lukas 10:25-37
            en die tema is: “Wie is jou naaste?”

09:30 – Kleuterkerk
10:15 – Kategese
17:00 – Belydenisklas

SENIOR FUNKSIE

Dinsdag 21 Februarie om 11:00

Almal word hartlik uitgenooi om saam te kom eet en kuier en te luister wat Bennie du Plooy sê oor “As jy ouer word kan jy dinge doen WAARVAN JY HOU, om jou besig te hou.

Laat weet asseblief die kerkkantoor (012 460 5109) VOOR 16 FEBRUARIE 2012 of jy kom. Dankie



ASWOENSDAG 22 FEBRUARIE 2012 NAGMAAL

Ons begin Woensdagaand ons lydenstyd met Nagmaal om 19:00. Lydenstyd is seker die belangrikste tyd vir ‘n Christen in die kerkjaar. In hierdie tyd staan ons stil en oordink ons die lyding van Christus tov ons verlossing. Die nagmaalsgeleentheid gaan kort wees ons vra dat ouers asseblief hulle kinders sal saambring.



Nuwe Lidmate

Die volgende lidmaatskapbewyse is ontvang:

  • Huntley Logie en Maria Johanna van Aswegen (nou Logie) vanaf Springs-Oos gemeente
  • Lesya Christina van Heerden (nou Oosthuizen) van Presidentsoord, Springs gemeente
  • James Ignatius Kemp en Anso Limbach (nou Kemp) met dogter Soríce Kemp vanaf Phalaborwe gemeente

Red-‘n-kind gholfdag

Red-‘n-kind gholfdag – Dinsdag 27 Maart 2012 te Waterkloof Gholfbaan. Verdere inligting op kennisgewingbord.

Waterkloofrif–Wêreldbiddag vir Vroue

Waterkloofrif NG Gemeente bied op Saterdag 25 Februarie 2012 om 10:00
‘n wêreldbiddag geleentheid vir vroue wat nie die byeenkoms in die week
kan bywoon nie, aan. Wees deel van hierdie gebedsketting wat al vir 125
jaar in 170 lande gevier word!

Daarna kuier ons saam oor ‘n koppie tee en muffins. Moenie die wonderlike saamwees misloop nie. Bring ‘n vriendin saam en kom ervaar God se teenwoordigheid!

Tema: “Leef regverdig- doen wat reg is”
09:45: Lofprysing en aanbidding
Spreker: Rinel Hugo – Voorsitter: Nasionale komitee SA
Koste: R20-00

Laat weet asb vir Annelize Riekert by telefoon (012) 347 9133 of selfoon
082 4480 934 of e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. hoeveel van u die byeenkoms kan bywoon voor 22 Feb 2012

Junior Kategese

 Sien al die vrae HIER

Senior Kategese

Sien al die vrae HIER 

Ds. Johan Bloemhof: Sendeling in Parys: Frankryk

Ds. Johan Bloemhof: Sendeling in Parys: Frankryk
Kom luister na sy bediening en wedervaringe in Europa al vir baie jare.
               Wanneer:            Dinsdag 6 Maart 2012
               Plek:                    NG Waterkloofrif, Ridgeviewstraat
               Tyd:                    18:00
               Toegang:            Gratis
               Navrae:               Ds Nico de Klerk 082 566 1484 of 012 347 9133

NG Kerk Monumentpark Bank Inligting

ABSA Bank, Monumentpark
Tjekrekening Nommer 1500580131
Takkode 631-245

Debietorder

‘n Debietorderopdrag is verlede Sondag deur ‘n lidmaat in die kerkkantoor gelaat. Daar is ongelukkig nie ‘n naam aangebring nie. Kontak asseblief die kerkkantoor.

 

Sendingtrustfonds

Graag bedank ons donateurs vir hul bydraes tot die Sendingtrustfonds.

Die gemeente se Sendingtrustfonds is tans nagenoeg uitgeput.. Die Fonds word aangewend om in noodgevalle steun te verleen. Dr. Paulus van Orange Farm, het byvoorbeeld onlangs ‘n uitreik gehou om mense in reusagtige plakkerskampe met die blye boodskap te bereik. ‘n Bedraggie uit die Sendingtrustfonds is aan hom gestuur sodat hy die aanwesiges ook kon kos gee. Die Sendingtrustfonds se rekening nommer is ABSA 905-9322-610.

Vergaderings en byeenkomste


Diensrade vergader in die komende week as volg:

  • Diensraad Erediens en Aanbidding vergader vanoggend om 11:00
  • Die GEMEENTERAAD se eerste vergadering van die jaar is op SONDAG 26 FEBRUARIE 2012 OM 11:00. Sakelyste sal elektronies aan lede voorsien word in die komende week. Na afloop van die vergadering gaan die gemeentelede saam met hulle gesinne braai.


Ander byeenkomste:

  • Bybelstudie op Woensdag 22 Feb 2012 om 09:00
  • BYBELBENDE op Woensdag 22 Feb 2012 om 15:00
  • Die 05:45 biduur op Woensdagoggende het begin
  • Naaldwerkbyeenkoms is op Donderdag 23 Feb 2012 om 14:30

 

Gebedskruik

Kom ons bid vir mekaar:

'n Aantal van ons lidmate is ongesteld en u voorbidding word vir hulle gevra:

 

  • Jannie Naude
  • Annamarie du Toit
  • Huntly Logie

 

 

 

 

 

ABRAHAM KRIEL (HUIS-WAG-‘N-BIETJIE) se kruideniersware

ABRAHAM KRIEL (HUIS-WAG-‘N-BIETJIE) se kruideniersware werk nie meer saam met wyke en teeskink nie. Huis-Wag-‘n-Bietjie se kruidenierware word elke tweede Sondag van die maand in die mandjie by die teeluik geplaas. Die mandjie sal altyd uitgesit word as jy die tweede Sondag van die maand vergeet. ‘n Lys van benodighede is bo-op die deksel van die mandjie.


Hulpverleing in die Horing van Afrika

Die Moderamen van die Algemene Sinode van die NG Kerk (ASM) het onlangs besluit om betrokke te raak by hulpverlening in die lande in die Horing van Afrika wat tans erge hongersnood beleef. Ons is almal aangegryp deur die berigte en foto’s van die gebeure in Somalië, maar die nood strek selfs verder. Die ASM het geoordeel dat ons in die lig van ons roeping en die feit dat ons deel is van Afrika, nie onbetrokke kan toekyk op die krisis wat daar gebeur nie.

Vir hierdie doel is ‘n bankrekening geskep waarvan die besonderhede soos volg is:
Rekeningnaam : Algemene Sinode NG Kerk
Bank : Standard Bank
Tak : Hillcrest Boulevard (011-545)
Rekeningnommer : 042-142-873
Verwysing : Somalië

Ons is tans besig om ‘n plan uit te werk hoe ons die bydraes wat ontvang word op die beste moontlike manier kan bestee, sodat die mense in nood bereik sal word.

Vir verdere navrae kan ds Willie van der Merwe by die kantoor van die Algemene Sinode gekontak word. [Tel 012 342 0092 x 207 / Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

OPLEIDING VIR GELOWIGES PER KORRESPONDENSIE

Die Hugenote-Bybelinstituut, ‘n afdeling van Bybel-Media, bied in samewerking met die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by die Fakulteit Teologie, Universiteit Pretoria, per korrespondensie die volgende geakkrediteerde tweejaarkursusse aan:
1. Bybel- en Godsdienskunde,
2. Christelike Nood- en-Traumaberading (saamgestel deur Maretha Maartens),
3. Jeugbediening en
4. Sending
Die opleiding geskied per korrespondensie en kan by belangstellendes se dagprogram inpas. Van die student word verwag om werkstukke te voltooi en in te lewer. Vakkundiges doen die nasienwerk en evaluering. Inskrywing kan enigie tyd van die jaar geskied.
Lidmate word aangemoedig om van hierdie unieke en waardevolle geleentheid gebruik te maak. Vra ‘n gratis prospektus aan by: HBI, Privaatsak X5, Wellington, 7654, Tel: 021 864 8283. Faks: 021 086 532 1261, E-Pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. . Webwerf: www.bmedia.co.za.


Lidmaatbesonderhede

Gemeentelede word vriendelik versoek om die kerkkantoor in kennis te stel indien enige persoonlike besonderhede (adres, selfoonnommers ens.) verander sodat die databasis op datum gehou kan word. Baie dankie!

Pastorale skrywe aan lidmate van die NGK

Lees HIER verder oor die brief aan lidmate van die NGK.

Algemene kennisgewings en inligting

  • Nuwe intrekkers moet so gou moontlik 'n nuwe intrekkervorm (beskikbaar in die kiosk) invul sodat hulle deur 'n predikant besoek kan word. Debietordervorms is by die kiosk beskikbaar. Kalenders vir 2010 is ook beskikbaar.
  • Kontak asb. een van die leraars indien u siekebesoek verlang of bewus is van iemand wat ongesteld is of hospitaal toe gaan.
  • Indien u behoefte het om deur ’n predikant besoek te word is u welkom om ’n strokie in te vul en in die “nuwe intrekker” kassie te plaas waarna die betrokke leraar u sal kontak vir ’n afspraak.
  • ’n Herwinningshouer vir glasbottels is naby die Vodacomtoring op die terrein geplaas – ondersteun asb. hierdie gemeentelike projek deur u ou glas bottels daarin te plaas.
  • Ons epos adres is ngkerkmpark at worldonline.co.za (at->@)
  • Persone wat advertensies (nie langer as 25 woorde nie) in die Ramshoring wil laat plaas moet dit asseblief voor die 10de van 'n maand saam met betaling van R50 by die kerkkantoor indien.
  • “Gebedsfokus” blaadjies is agter in die kerkruim beskikbaar. Neem gerus een en word deel van die gemeente se gebedsbediening.
  • Lidmate word genooi om deel te word van die gemeente “Gebedskakel”. ’n Lys is op die kennisgewingbord beskikbaar waar lidmate kan aandui wanneer hulle beskikbaar is om vir spesifieke sake te bid.
  • Die gemeente is betrokke by ’n projek by Vosstraat om gekookte etes aan minderbevoorregtes te voorsien. Gemeentelede word versoek om asb. ’n bord in die kiosk te neem, een gekookte ete daarin te skep en die gevriesde ete op ’n Sondag in die vrieskas in die konsistorie te plaas. Baie dankie!
  • Elizabeth by 012 342 5720 of epos Neo Birth help vrouens wat onbepland swanger is. As jy ‘n verskil in iemand se lewe wil maak kontak gerus vir Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Sterfgeval

  • Ons oudste lidmaat – HE du Preez (moeder van Nellie Potgieter)

U voorbidding word gevra vir hierdie familie.

 

 

 

Huis HJ Piek

Huis HJ Piek, H/v Middel- en Melkstraat, Nieuw Muckleneuk:

Bekostigbare akkommodasie en losies: Selversorgende ouer persone. Etes, skoonmaak- en wasserydiens ingesluit. Geen siekeboeg. Kontak Joey van Eden tussen

08:00 en 16:00 weeksdae by 012 460-6232 of 082 574 0608

E-boeke deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Die volgende volledige e-Bybels is nou op kalahari.net beskikbaar teen slegs R68,95: / Afrikaans (1983-vertaling) / Northern Sotho (2000 translation) /

Southern Sotho (1989 translation) /8`

/ Tswana (1970 translation) /

Xhosa (1996 translation) / Zulu (1959/97 translation)

Teebeurte

Lidmate word genooi om na afloop van die diens saam te kom tee drink by die bedieningsluik.

 

 

Oggendaanbiddingsessies


Die weeklikse Dinsdagoggendaanbiddingsessie sal van 05:45 tot 06:15 (30 minute) duur en sal uit ’n baie kort skriflesing bestaan wat opgevolg word deur stil of spontane gebed deur gemeentelede. Dit sal in die KERK plaasvind.

Elkeen van u word hiermee hartlik uitgenooi om daarin te kom deel.

 

 

 

 

 

Debietorder

Debietorder opdrag kan HIER afgelaai word.

Sekuriteit

Moet asseblief nie vergeet om 'n donasie in die houtkassies in die kerkgebou te laat om die sekuriteitswagte te vergoed nie.

Grafiese prente van: Christian Clipart

 

 

 

Dienstye

Tye: 8:30 en 9:30
Tel: (012) 460 5109
Adres
Leraars
Kerk kantoor
Stuur E-pos

Bank Inligting:

ABSA Bank
Monumentpark
Rek Nr 1500580131
Takkode 631-245

Wie is op

Ons het 35 gaste en geen lede nie aanlyn

Kalender

loader