Algemene Nuus en Gebeure

Verskil Nuusbrief

10 Februarie 2012

  • Gespreksforum: Menswaardigheid
  • Dagseminaar:  Watter Bybel is die normatiewe “Woord van God”?
  • Ontdek julle missionale/gestuurde roeping!
  • Aandag alle oud-kinderhuiskinders en ondersteuners : Abraham Kriel Kinderhuis, Nylstroom
  • Retreats onder leiding van Willem Nicol
  • Ervaringsleerkursus in abseiling en lae toubane
  • Rietfontein-Noord:  Damesoggend
  • Opleidingsgeleentheid: Sterwensbegeleiding aan die kankerpasiënt

17 Februarie 2012

  • Sewe Lydensweke begin op 19 Februarie...
  • ’n Krisis in Limpopo
  • Bybel-Media
  • NGK se Kerk eNuus tot jou diens!
  • Moot Care Sentrum
  • Leraars sonder Bybels - Madagaskar vra hulp!
  • Monumentpark wil graag vennootskappe sluit met ander gemeentes ten opsigte van fondsinsameling
  • Rietfontein-Noord: Damesoggend – 25 Februarie 2012 om 09:00
  • Mootvallei: Opleidingsgeleentheid!! Almal welkom - 26 Februarie 2012
  • Die Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes van SA : Ontdek julle missionale/gestuurde roeping!
  • Predikante Wegbreek 2012 : 5-7 Maart 2012 - 1ste geleentheid!
  • Sentrum vir Kontekstuele Bediening (Teologie UP)
  • Scriptorium - Bible Focus Centre: Watter Bybel is die normatiewe “Woord van God”?
  • Gespreksforum: Menswaardigheid
  • Wil jy opgelei word as abseil- en lae toubaaninstrukteur?
  • Retreats onder leiding van Willem Nicol
  • Vakatures

Nuusflits

Afkondigings 19 Feb 2012

19 Feb 2012

Ramshoring Feb 2012

Feb 2012

NUUS

  • Aswoensdag NAGMAAL 22 Februarie om 19:00: Die nagmaalsgeleentheid gaan kort wees ons vra dat ouers asseblief hulle kinders sal saambring.
  • GEMEENTERAAD se eerste vergadering van die jaar is op SONDAG 26 FEBRUARIE 2012 OM 11:00
  • Waterkloof-Wêreldbiddag vir Vroue: 25 Februarie 2012 om 10:00
  • Red-‘n-kind gholfdag – Dinsdag 27 Maart 2012 te Waterkloof Gholfbaan.
  • Ds. Johan Bloemhof: Sendeling in Parys: Frankryk: Dinsdag 6 Maart 2012

Nuwe artikels

  • Besluite van Algemene Sinode 2011
  • Sinode 2011: Besluite oor die doop, bediening van bevryding, huwelik en saamwoon
  • Oor tiendes Kinders en Nagmaal Kerhereniging en die Belydenis van Belhar

Kategese Vrae

Senior Kategese

Elke week se vrae vir die seniors

“Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” – Joh. 20:21

Gebedsfokus

Druk

Gebedsfokus - 2010

GEBEDSFOKUS

Januarie 2010

Wat is gebed?

Dit is die groot vraag op baie mense se lippe.  Natuurlik is dit gesprek met God! Maar waarom is dit dan so moeilik?  Ek dink dit is omdat ons daarvan ingewikkelde formules gemaak het.  Daar is nie ‘n verskil tussen praat met mekaar en praat met God nie, behalwe dat ons die voorreg het om met die lewende God te mag praat.  Gebed is vir God belangrik omdat dit uitloop op intimiteit.

God wil hê dat die verhouding tussen Hom en sy kinders ’n liefdesverhouding moet wees.  Jy kan egter nie díe verhouding laat groei as jy nie tyd met Hom spandeer nie.  God se woord sê in Spreuke 15:8 dat die gebed van opregtes Hom gelukkig maak.  Doen moeite om met God te praat, hoe meer jy ’n Sy teenwoordigheid kom, hoe meer sal jy verander om Sy beeld te word.  BID!! Dit is die wonderlikste voorreg wat enige mens te beurt kan val.

Die wese van gebed

  1. Gebed is eerstens ’n verhouding met God.  Dit gaan in die eerste plek om God self en daarom is daar elemente van:
    • aanbidding
    • lofprysing
    • verwondering
    • skuldbelydenis
    • stil wees voor God
    • luister
  2. Hier word gepraat van die werk van gebed as ons dink aan die volgende
    • voorbidding
    • versoeke
    • om in te tree
    • smeking


In die Bybel is soveel uitsprake oor gebed:

  • Rom. 15:30 “Ek versoek jul dringend … stry saam met my deur vir my te bid”.
  • 2 Kor. 1:11 “Daartoe werk julle mee deur vir ons te bid.”
  • Kol. 4:12 “Epafras … bid altyd ernstig vir julle dat julle staande mag bly”
  • Kol. 1:9 “Daarom…. hou ons ook nie op om vir julle te bid nie”.
  • 1 Tim. 2:1 “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense.”


Ons kan die vraag vra:

  • Waarom is die kerk so kragteloos?
  • Waarom is daar soveel doodsheid in ons lewe?
  • Waarom kom soveel mense tot geloof maar die groei tot geestelike volwassenheid ontbreek?


Jak.4:2 sê: “Julle het nie omdat julle nie bid nie, julle bid en ontvang nie, omdat julle verkeerd bid…” 

Meer doelgerigte, intelligente en volhardende gebed sal meer geestelike vrugte oplewer.

  • Deur GEBEDSFOKUS wil ons bewus gemaak word van wyer gebed as net ons persoonlike grense.
  • Mag GEBEDSFOKUS tot groot seën in jou lewe wees en mag dit jou gebedsgrense verskuif.
  • Die eerste uitgawe sal DV in Februarie 2010 verskyn.

 

Kalender

loader