Algemene Nuus en Gebeure

Verskil Nuusbrief

10 Februarie 2012

  • Gespreksforum: Menswaardigheid
  • Dagseminaar:  Watter Bybel is die normatiewe “Woord van God”?
  • Ontdek julle missionale/gestuurde roeping!
  • Aandag alle oud-kinderhuiskinders en ondersteuners : Abraham Kriel Kinderhuis, Nylstroom
  • Retreats onder leiding van Willem Nicol
  • Ervaringsleerkursus in abseiling en lae toubane
  • Rietfontein-Noord:  Damesoggend
  • Opleidingsgeleentheid: Sterwensbegeleiding aan die kankerpasiënt

17 Februarie 2012

  • Sewe Lydensweke begin op 19 Februarie...
  • ’n Krisis in Limpopo
  • Bybel-Media
  • NGK se Kerk eNuus tot jou diens!
  • Moot Care Sentrum
  • Leraars sonder Bybels - Madagaskar vra hulp!
  • Monumentpark wil graag vennootskappe sluit met ander gemeentes ten opsigte van fondsinsameling
  • Rietfontein-Noord: Damesoggend – 25 Februarie 2012 om 09:00
  • Mootvallei: Opleidingsgeleentheid!! Almal welkom - 26 Februarie 2012
  • Die Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes van SA : Ontdek julle missionale/gestuurde roeping!
  • Predikante Wegbreek 2012 : 5-7 Maart 2012 - 1ste geleentheid!
  • Sentrum vir Kontekstuele Bediening (Teologie UP)
  • Scriptorium - Bible Focus Centre: Watter Bybel is die normatiewe “Woord van God”?
  • Gespreksforum: Menswaardigheid
  • Wil jy opgelei word as abseil- en lae toubaaninstrukteur?
  • Retreats onder leiding van Willem Nicol
  • Vakatures

Nuusflits

Afkondigings 19 Feb 2012

19 Feb 2012

Ramshoring Feb 2012

Feb 2012

NUUS

  • Aswoensdag NAGMAAL 22 Februarie om 19:00: Die nagmaalsgeleentheid gaan kort wees ons vra dat ouers asseblief hulle kinders sal saambring.
  • GEMEENTERAAD se eerste vergadering van die jaar is op SONDAG 26 FEBRUARIE 2012 OM 11:00
  • Waterkloof-Wêreldbiddag vir Vroue: 25 Februarie 2012 om 10:00
  • Red-‘n-kind gholfdag – Dinsdag 27 Maart 2012 te Waterkloof Gholfbaan.
  • Ds. Johan Bloemhof: Sendeling in Parys: Frankryk: Dinsdag 6 Maart 2012

Nuwe artikels

  • Besluite van Algemene Sinode 2011
  • Sinode 2011: Besluite oor die doop, bediening van bevryding, huwelik en saamwoon
  • Oor tiendes Kinders en Nagmaal Kerhereniging en die Belydenis van Belhar

Kategese Vrae

Senior Kategese

Elke week se vrae vir die seniors

“Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” – Joh. 20:21

Nagmaal

Druk

Nagmaal

Die Nagmaal en die gebruik daarvan

Die Here Jesus het die laaste nag vóór Sy kruisiging die Nagmaal ingestel. Die gebreekte brood moes sy kinders herinner aan sy liggaam wat vir hulle vóór en aan die kruis gebreek is. Die wyn moes hulle herinner aan sy bloed wat deur die doringkroon, geseling en die spykers deur sy hande en voete en die steekwond ná sy sterwe uit sy sy gevloei het. In 1 Korintiërs 10 en 11 word breedvoerig daarop ingegaan. Wat beteken die Nagmaal nou?

Dit is:

  1. 'n Herinneringsmaal: Net soos iemand feesvier as hy 'n besondere mylpaal in sy lewe bereik, so vier die kerk Nagmaal om die liefde wat in die sterwe van Jesus tot uiting gekom het, te onthou (Lukas 22:19; 1 Korintiërs 11:26). Die Here wil hê ons moet Nagmaal vier – sodat ons kan onthou – dat ons sy wonderlike liefde nie moet vergeet nie.
  2. 'n Getuienismaal: In die Ou Testament word die Paasfees beskrywe. Dié fees moes die Israeliete herinner aan die bloed van die lammertjies wat op daardie vreeslike nag toe die oudste Egiptiese kinders gesterf het, die mense van Israel gered het, toe God Sy volk uit Egipte verlos het. Moses het daarna vir die volk gesê dat hulle kinders eendag wanneer hulle die Paasfees vier, sal vra: "Wat beteken dit?" Dan moes hulle getuienis lewer oor die wonderlike verlossing van die Here (Lees Eksodus 12:14-16). So getuig die Nagmaalganger van die groot verlossing wat Jesus, God se Paaslam, gebring het.
  3. 'n Gemeenskapsmaal: Ons kan nie ons geloof in die geheim beoefen nie. Ons is lede van die kerk van die Here. As ons Nagmaal gebruik, doen ons dit saam met ander – ons eet en drink saam. So bely ons met die Nagmaal wat ons soms met die mond sê: Ek glo aan 'n Heilige Algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges.
  4. Maar ons tree ook in gemeenskap met Jesus. Ons weet, al sien ons Hom nie, dat hy die Hoof van sy tafel is. Ons eet die brood en drink die wyn as tekens dat ons deel het, gemeenskap het met die Hoof van die kerk, Jesus. Ons sê in ons hart vir Hom: Here, ons behoort aan U.

Kalender

loader