Algemene Nuus en Gebeure

Silikoon armbandjies

Nuusflits

Afkondigings 20 Mei 2012

20 Mei 2012

NUUS

  • Pinkster neem ‘n aanvang op Sondag 20 Mei 2012
  • Jaarlikse kunsuitstalling: 18 Mei tot 27 Mei
  • Kamp vir huis- en tuinhulpe: 25 – 27 Mei 2012
  • Kombersprojek:  Mei
  • SENIOR BYEENKOMS: Dinsdag  5 JUNIE 2012 om 11:00

Nuwe artikels

  • Besluite van Algemene Sinode 2011
  • Sinode 2011: Besluite oor die doop, bediening van bevryding, huwelik en saamwoon
  • Oor tiendes Kinders en Nagmaal Kerhereniging en die Belydenis van Belhar

“Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!” – Rom. 15:13

Druk

NGKMP Afkondigings

NG Gemeente Monumentpark

Hartlik welkom aan ons lidmate, nuwe intrekkers en besoekers!

Sondag 20 Mei 2012

Die Kerkraad bring graag die volgende onder u aandag

Vandag se erediens

09:30 – PINKSTER BEGIN

Die prediker is dr. Gustav Claassen en die tema “God onderhou die skepping

09:30 – Kleuterkerk
10:15 – Kategese
17:00 – Belydenisklas

Daar sal op Sondag 27 Mei 2012 net een erediens wees om 09:30, wat ook ‘n nagmaalgeleentheid sal wees. Daar sal wel kleuterkerk en kategese wees.


Pinkster

Pinkster neem ‘n aanvang op Sondag 20 Mei 2012 en daar sal slegs een diens om 09:30 wees. Daar sal wel kleuterkerk en kategese wees.

Tema is “Ons glo....” en die Apostolicum of 12 Artikels word hanteer. Gedurende die week sal die byeenkomste in die aande om 18:30 plaasvind en na die tyd geniet ons lekker sop en broodjies. Dit is belangrik in die tyd waarin ons leef om net weer na te dink oor die inhoud van ons geloof. Daar sal ook soos in die verlede tydens die oggende van 21 Mei tot 24 Mei om 10:00 temas gehanteer word vir persone wat dit nie gedurende die aand kan bywoon nie. Gedurende die aandbyeenkomste sal Hendrien van Vliet  ook aandag aan ons jongmense gee. Kom ons maak dit ‘n gesinsaangeleentheid, dit is belangrik dat ons die kerklike feeste as gesinne bywoon sodat ons ook ‘n volgende geslag kan betrokke kry.

Tydens Pinkstersondag sal ons as gemeente weer na verskeie instansies en persone uitreik, ons vra weer sop, seep en broodjies hiervoor. Emmertjies sal beskikbaar wees vir diegene wat sop wil maak. Weer eens vra ons dat gesinne sal betrokke raak.

Sondag, 20 Mei 2012    : God onderhou die skepping. (Gustav)
Maandag, 21 Mei 2012    : Jesus is 100% mens en 100% God. (Wynand)
Dinsdag,  22 Mei 2012    : Jesus oorwin die dood vir my. (Gustav)
Woensdag, 23 Mei 2012    : God regeer. (Wynand)
Donderdag, 24 Mei 2012    : Die Heilige Gees is by ons. (Gustav)
Sondag, 27 Mei 2012    : Jesus kom weer. (Wynand)

Daar sal tydens 27 Mei 2012 se erediens nagmaal (daar is net een diens om 09:30) wees en wel kleuterkerk en kategese.

 

Die AWESM-kursus vir 2012

Hierdie jaar by die gemeente wil ons graag ‘n kursus begin wat hand-aan-hand met die kategese funksioneer. Hierdie kursus gaan ons help om bietjie meer te verstaan van sekere aspekte van ons geloof en in ons lewens. Die kursus sal geskied vir Gr 4-6 en vir Gr 7-11. Daar is, soos die akroniem AWESM wys, 5 aspekte waarna ons gaan kyk, en jy kan kies watter een van die 5 jy graag wil bywoon.
A - Almal (Sosiale geregtigheid en gemeenskapbevordering)
W - Waardes wat werk
E - Ek (Persoonlike verhouding)
S - Skrif (Hoe ons Bybel lees)
M -  Mentorskap

Die eerste byeenkoms gaan handel oor die M – Mentorskap. Vir die hoërskool sal dit 29  Mei 2012 plaasvind. Verdere datums sal weergegee word.
Ons hoop om julle daar te sien! Kontak asb Hendrien by 072 517 4851 of Wynand by 079 695 3508 indien u enige navrae het.

Ons is in die proses om ons eie silikoon AWESM armbandjies te laat maak in alle kleure! Laat weet vir Wynand by 079 695 3508 indien jy belangstel

SENIOR BYEENKOMS

Die Seniors se Sop & Broodjie-oggend skuif na Dinsdag  5 JUNIE 2012 om 11:00 in die Jeuglokaal. Dr Lidia Pottas van ons gemeente (dosent in Oudiologie) kom gesels oor gehoortoetse en verskillende gehoor-apparate. Moenie dit mis nie en nooi gerus jul vriende saam!
Laat weet asb die Kerkkantoor (012 460 5109) as jy kan kom. Dankie!

Kombersprojek

Ons jaarlikse kombersprojek neem vandag ‘n aanvang en sal vir die duur van Mei voortgaan. Indien u ‘n bydrae wil maak kan u ‘n donasie van R100 in ‘n koevert gemerk “Kombersprojek” in die kollektehouer plaas of by die kerkkantoor inbetaal. Baie dankie!

Verlede jaar is R15600 ingesamel en 425 komberse aangekoop en versprei.

Gemeentekamp

Ons gemeentekamp word gehou vanaf 24 – 26 Augustus 2012 te WEESGERUS. Daar word vroeg begin met inskrywings, aangesien die deposito reeds op 30 Junie 2012 oorbetaal moet word. Inskrywingvorms is in die kiosk beskikbaar.

Kamp vir huis- en tuinhulpe: 25 – 27 Mei 2012

Gedurende genoemde naweek word die kamp vir huis- en tuinhulpe weer te Lofdal aangebied. Koste per persoon vir die naweek beloop R180. Dit sluit alle etes en verversings in. Inskrywings kan by kerkkantoor gedoen word. Sluitingsdatum vir inskrywings is Sondag 20 Mei 2012

Fondsinsameling

Die jeug gaan karre was op 20 en 27 Mei 2012 as fondsinsameling vir die gemeentefees en om jongmense te borg wat finansiële ondersteuning nodig het om kampe te kan bywoon. Ondersteun hulle asseblief.


Silikoon bandjies

Ons is in die proses om ons eie silikoon armbandjies te laat maak in alle kleure! Laat weet ons watse boodskappie julle graag hierop sal wil hê, en, as joune gekies word, kry jy jou bandjie gratis! SMS jou idee en naam na 082 789 8116 of 079 695 3508.

Nuwe lidmate

Die volgende lidmaatskapbewyse is vanaf Moreleta Park gemeente ontvang:

  • Schalk Blignaut van Staden
  • Anna Hendrieka Elizabeth Bezuidenhout (nou van Staden)
  • Charlize van Staden
  • Anke van Staden
  • Charl Francois van Staden

Junior Kategese

 Sien al die vrae HIER

Senior Kategese

Sien al die vrae HIER

UITNODIGING AAN ALLE KUNSTENAARS

Ons bied in Mei weer ons jaarlikse kunsuitstalling met Bybeltema in Rietfontein aan.  Die tema vir vanjaar se uitstalling is: En die vrug van die Gees is... Gal 5:22. Beginners tot profesionele kunstenaars mag deelneem en werke in enige medium kan uitgestal word. Die uitstalling open op 18 Mei en duur tot 27 Mei. Kom dien die Here met jou talent. Navrae: Francois - (084) 8608000 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ter voorbereiding vir die uitstalling bied Helena van der Nest op 16 en 17 Maart ’n    werkswinkel in profetiese skilderkuns by Rietfontein-Noord aan.
    Navrae:  Helena van der Nest - 084 8601610

NG Kerk Monumentpark Bank Inligting

ABSA Bank, Monumentpark
Tjekrekening Nommer 1500580131
Takkode 631-245

Debietorder

‘n Debietorderopdrag is verlede Sondag deur ‘n lidmaat in die kerkkantoor gelaat. Daar is ongelukkig nie ‘n naam aangebring nie. Kontak asseblief die kerkkantoor.

Vergaderings en byeenkomste

Weens pinkster sal daar nie in die komende week Bybelstudie, Bybelbende of naaldwerk wees nie.

 

 

 

 

 

Gebedskruik

Kom ons bid vir mekaar:

'n Aantal van ons lidmate is ongesteld en u voorbidding word vir hulle gevra:

 

      • Jannie Naude
      • Huntley Logie
      • Karel Limbach
      • Danie Schultz
      • Lien Howatt
      • George Wassenaar

 

ABRAHAM KRIEL (HUIS-WAG-‘N-BIETJIE) se kruideniersware

ABRAHAM KRIEL (HUIS-WAG-‘N-BIETJIE) se kruidenierware word elke tweede Sondag van die maand in die mandjie by die teeluik geplaas. Die mandjie sal altyd uitgesit word as jy die tweede Sondag van die maand vergeet. ‘n Lys van benodighede is bo-op die deksel van die mandjie. Die lys van kruideniersware wat benodig word is:
Oats, Weetbix, Pro Nuto-gewoon, 2L Kookolie, Kaassmeer, Vissmeer, Koffie, Milo/Hot
chocolate, Rooibostee, Poeiermelk, Suiker, Koekmeel en Beskuit. Vir Kosblikke: Koekies, Grondboontjies en rosyne (klein pakkies), Vrugtestafies en Droë vrugte. Hul benodig ook: Toiletpapier, Handy Andy, 2L Staysoft, Harpic toilet cleaner en Sunlight liquid.


Hulpverleing in die Horing van Afrika

Die Moderamen van die Algemene Sinode van die NG Kerk (ASM) het onlangs besluit om betrokke te raak by hulpverlening in die lande in die Horing van Afrika wat tans erge hongersnood beleef. Ons is almal aangegryp deur die berigte en foto’s van die gebeure in Somalië, maar die nood strek selfs verder. Die ASM het geoordeel dat ons in die lig van ons roeping en die feit dat ons deel is van Afrika, nie onbetrokke kan toekyk op die krisis wat daar gebeur nie.

Vir hierdie doel is ‘n bankrekening geskep waarvan die besonderhede soos volg is:
Rekeningnaam : Algemene Sinode NG Kerk
Bank : Standard Bank
Tak : Hillcrest Boulevard (011-545)
Rekeningnommer : 042-142-873
Verwysing : Somalië

Ons is tans besig om ‘n plan uit te werk hoe ons die bydraes wat ontvang word op die beste moontlike manier kan bestee, sodat die mense in nood bereik sal word.

Vir verdere navrae kan ds Willie van der Merwe by die kantoor van die Algemene Sinode gekontak word. [Tel 012 342 0092 x 207 / Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

OPLEIDING VIR GELOWIGES PER KORRESPONDENSIE

Die Hugenote-Bybelinstituut, ‘n afdeling van Bybel-Media, bied in samewerking met die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by die Fakulteit Teologie, Universiteit Pretoria, per korrespondensie die volgende geakkrediteerde tweejaarkursusse aan:
1. Bybel- en Godsdienskunde,
2. Christelike Nood- en-Traumaberading (saamgestel deur Maretha Maartens),
3. Jeugbediening en
4. Sending
Die opleiding geskied per korrespondensie en kan by belangstellendes se dagprogram inpas. Van die student word verwag om werkstukke te voltooi en in te lewer. Vakkundiges doen die nasienwerk en evaluering. Inskrywing kan enigie tyd van die jaar geskied.
Lidmate word aangemoedig om van hierdie unieke en waardevolle geleentheid gebruik te maak. Vra ‘n gratis prospektus aan by: HBI, Privaatsak X5, Wellington, 7654, Tel: 021 864 8283. Faks: 021 086 532 1261, E-Pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. . Webwerf: www.bmedia.co.za.


Lidmaatbesonderhede

Gemeentelede word vriendelik versoek om die kerkkantoor in kennis te stel indien enige persoonlike besonderhede (adres, selfoonnommers ens.) verander sodat die databasis op datum gehou kan word. Baie dankie!

Pastorale skrywe aan lidmate van die NGK

Lees HIER verder oor die brief aan lidmate van die NGK.

Algemene kennisgewings en inligting

  • Nuwe intrekkers moet so gou moontlik 'n nuwe intrekkervorm (beskikbaar in die kiosk) invul sodat hulle deur 'n predikant besoek kan word. Debietordervorms is by die kiosk beskikbaar. Kalenders vir 2010 is ook beskikbaar.
  • Kontak asb. een van die leraars indien u siekebesoek verlang of bewus is van iemand wat ongesteld is of hospitaal toe gaan.
  • Indien u behoefte het om deur ’n predikant besoek te word is u welkom om ’n strokie in te vul en in die “nuwe intrekker” kassie te plaas waarna die betrokke leraar u sal kontak vir ’n afspraak.
  • ’n Herwinningshouer vir glasbottels is naby die Vodacomtoring op die terrein geplaas – ondersteun asb. hierdie gemeentelike projek deur u ou glas bottels daarin te plaas.
  • Ons epos adres is ngkerkmpark at worldonline.co.za (at->@)
  • Persone wat advertensies (nie langer as 25 woorde nie) in die Ramshoring wil laat plaas moet dit asseblief voor die 10de van 'n maand saam met betaling van R50 by die kerkkantoor indien.
  • “Gebedsfokus” blaadjies is agter in die kerkruim beskikbaar. Neem gerus een en word deel van die gemeente se gebedsbediening.
  • Lidmate word genooi om deel te word van die gemeente “Gebedskakel”. ’n Lys is op die kennisgewingbord beskikbaar waar lidmate kan aandui wanneer hulle beskikbaar is om vir spesifieke sake te bid.
  • Die gemeente is betrokke by ’n projek by Vosstraat om gekookte etes aan minderbevoorregtes te voorsien. Gemeentelede word versoek om asb. ’n bord in die kiosk te neem, een gekookte ete daarin te skep en die gevriesde ete op ’n Sondag in die vrieskas in die konsistorie te plaas. Baie dankie!
  • Elizabeth by 012 342 5720 of epos Neo Birth help vrouens wat onbepland swanger is. As jy ‘n verskil in iemand se lewe wil maak kontak gerus vir Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Huis HJ Piek

Huis HJ Piek, H/v Middel- en Melkstraat, Nieuw Muckleneuk:

Bekostigbare akkommodasie en losies: Selversorgende ouer persone. Etes, skoonmaak- en wasserydiens ingesluit. Geen siekeboeg. Kontak Joey van Eden tussen

08:00 en 16:00 weeksdae by 012 460-6232 of 082 574 0608

E-boeke deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Die volgende volledige e-Bybels is nou op kalahari.net beskikbaar teen slegs R68,95: / Afrikaans (1983-vertaling) / Northern Sotho (2000 translation) /

Southern Sotho (1989 translation) /8`

/ Tswana (1970 translation) /

Xhosa (1996 translation) / Zulu (1959/97 translation)

Teebeurte

Lidmate word genooi om na afloop van die diens saam te kom tee drink by die bedieningsluik.

 

 

Oggendaanbiddingsessies


Die weeklikse Dinsdagoggendaanbiddingsessie sal van 05:45 tot 06:15 (30 minute) duur en sal uit ’n baie kort skriflesing bestaan wat opgevolg word deur stil of spontane gebed deur gemeentelede. Dit sal in die KERK plaasvind.

Elkeen van u word hiermee hartlik uitgenooi om daarin te kom deel.

 

 

 

 

 

Debietorder

Debietorder opdrag kan HIER afgelaai word.

Sekuriteit

Moet asseblief nie vergeet om 'n donasie in die houtkassies in die kerkgebou te laat om die sekuriteitswagte te vergoed nie.

Grafiese prente van: Christian Clipart

 

 

 

Dienstye

Tye: 8:30 en 9:30
Tel: (012) 460 5109
Adres
Leraars
Kerk kantoor
Stuur E-pos

Bank Inligting:

ABSA Bank
Monumentpark
Rek Nr 1500580131
Takkode 631-245

Nuusbriewe en Dokumente

Wie is op

Ons het 23 gaste en geen lede nie aanlyn

Kalender

loader