Jeug

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons hier by NG Monumentpark het ‘n hart vir ons jongmense. Ons probeer om hulle liefde vir God op kreatiewe maniere te koester en te help ontwikkel. Daarmee saam probeer ons ons AWESM waardes uitleef deur ons saamwees:
A         – Almal

W        – Waardes

E          – Ek

S          – Skrif

M        – Mentor

Daarom het ons ‘n verskeidenheid aktiwiteite waar hulle hulleself kan inleef. Ons het Sondae oggende ‘n kleuter- en kinderkerk om 09:30 waar ons jongmense die Bybelstories hoor en lag en speel. Ons het ook na die tweede diens kategese vir Gr 1-10 waar ons ‘n verskeidenheid onderwerpe bespreek. Sondae aande het ons ook ‘n diens vir tieners om 18:00 waar ons op ‘n fun manier jongmense help uitfigure hoekom ons nou eintlik hier is en waar God pas in die prentjie. Ons hou ook kwartaaliks ‘n lekker kuier aand waar ons LAN en fliek en net chill! So kom wees deel van al die pret saam met jeug van NG Monumentpark!

Belydenisklas

Belydenisklas en Tienerdiens 17:00

Kategese

Kategese Sien op die kennisgewingbord 10:15

Kleuterkerk

Kleuterkerk in Jeugsaal bo 09:30

Kinderkerk

Kinderkerk in die konsistorie 9:30