Lord of the dance

Lord of the dance

  • 26 Jan, 2015
  • Wynand Van Niekerk
  • 0 Comments

Vanjaar wil ons gemeente as liggaam van Chrsitus beweeg.

Ons wil na mekaar en die wêreld beweeg.

Die kompleksiteit van hierdie beweging, begin vir ons by `n dans. Soos die lied Lord of the dance ons leer.

Matteus 1 onderstreep dat God vir Dawid ook in `n dans gelei het. Daar staan immers : Jesus Christus is die Seun van Dawid. God wat Homself weer en weer verbind aan Dawid, met al sy mislukkings en prestasies. God wat sê : jy dink jy kan dans? Dis Ek wat jou lei in hierdie groot dans van die lewe.

En dit kan nogal moeilik wees om te begryp. Maar dit is juis die boodskap van die evangelie. God is daar wanneer ons voete verkeerd trap en wanneer ons nie meer die musiek hoor nie. Hy is daar wanneer ons moeg word en uitsak. Daarom is Dawid die verpersoonliking van hoop vir die mensdom. Dawid die koning, Dawid die man met kleivoete, Dawid die begenadigde.

Dawid die voordanser, maar ook Dawid wat oor sy eie voete struikel.

Die een wat skryf oor die donker en ellende van die lewe, maar ook later dat die Here hom weer kon laat dans van vreugde.

Miskien maak dit nie saak watter dans ons kies nie.

Soms is dit die lewe in die algemeen met sy wisselende en komplekse ritmes.

Soms is dit ‘n meer gefokuste dans saam met ons naaste en in ons belangrikste verhoudings.

Soms is dit ‘n uitdagende solo-dans van volledig jouself wees – van vry en vreesloos wees wie net jy kan wees?

Soms is dit ‘n fyntrap, ‘n ingewikkelde dans in ‘n wêreld vol pyn en vrae.

Mag ons leer om nie te fokus op ons eie wankelrige tree nie, maar God wat ons lei in hierdie dans.

Dit vra vertroue, dit vra ‘n aandurf van die vloer, dit vra ‘n gedeelde ervaring, ‘n saamluister na dieselfde musiek.

Dance, then, wherever you may be,

I am the lord of the dance, said he,

And i’ll lead you all, wherever you may be,

And i’ll lead you all in the dance, said he

Lees die woorde en kyk n video van Lord of the dance hier.

Share This Story

Categories

Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *