Spesialedienste

Spesiale Dienste:

In ons familie het ons elke jaar ‘n paar bakens waarby ons stilhou.  Hierdie bakens is  familierituele wat nie gemis kan word nie.

Nuwejaarsfees & Nagmaal

Die eerste Sondag na die skoolopening vier ons, ons saamwees en droom oor die jaar wat voorlê.

Ons kuier lekker agterna as familie saam.

Paasfees

Paastyd is die hoogtepunt van ons jaar.  Jesus se kruisiging en opstanding word vir ons ‘n werklikheid as ons die verhaal oorvertel en met ons gebruike vier. Ons Lydenstyd gebruike sluit dinge in soos: sonsopkoms gebed, kleredrag wat die  lyding en hoop uitbeeld en selfs rituele om die etenstafel.

Hemelvaart

By Hemelvaart vier ons dat Hy nie heeltemal weg is … Daar is ‘n jare lange tradisie om dit saam met Laerskool Monumentpark te doen.

Pinksterfees

As weggestuurdes herinner Pinkstertyd ons weer na ons roeping na ons gemeenskap. Toegerus met ‘n Bybelskool, loods ons ‘n  voedingskema in die gemeenskap.  Dis ‘n groot familieprojek waar almal betrokke is.

Lentefees

As die gefluister van die winterkoue verby gaan, is dit tyd om met kleurvolle lofsang die naam van die Here groot te maak.  Dit gebeur rondom ‘n baie spesiale sangdiens en ‘n ete.

Kersfees

‘n Tyd van presente en van familiesaamwees tesame met die herdenking van Jesus se geboorte, word ingelei met ‘n heerlike sangdiens.  Ons gemeentefamilie gee juis in hierdie tyd vir huise om self hulle verbondenheid aan mekaar en Christus te herdenk.